SUID-AFRIKAANSE VRAAGSTUKKE Help me, I'm English
As jy 'n konvensionele Internetgebruiker is wat na gratis inligting, antwoorde of foto's van mooi (of lelike) kaal meisies (of mans) soek, het jy die kluts kwyt en die spoor byster geraak. [Hoe het jy hier beland?]  Hier sal jy net vrae sonder antwoorde kry.  As jy sommer nou die hasepad wil kies, KLIK HIER.

MISDAAD  Beeld (16/9/05 p 12) het lank en diep nagedink en tot die gevolgtrekking gekom dit is onaanvaarbaar dat staatsdiensamptenare binne regeringsgeboue verkrag word.  Is dit dan aanvaarbaar as hulle buite regeringsgeboue verkrag word?  Is dit aanvaarbaar as mense wat nie staatsamptenare is nie, in regeringsgeboue verkrag word?   Waarom reken Beeld sekuriteit by die regeringsgeboue moet opgeknap word?  Moet die regering nie liewer dieselfde entoesiasme en vingdingrykheid wat hy gebruik om belasting in te vorder, aanwend om misdaad te bekamp nie?
ONDERWYS Is dit waar dat die Minister van Onderwys se kinders in privaatskole is, en nie in die staatskole wat sy skep nie?  Het sy vertroue in die skole wat sy skep?  Skep die regime  privaatskole vir sy elite, en staatskole vir sy stemvee?  Hoeveel mense, behalwe ek, is verbaas dat die minister hoegenaamd kinders het, nadat ek haar op TV gesien het?
SPORT Op TV omhels Brian van Rooyen van Luyt faam vir ou Nelson Mandela.  Hoe kry die ou karnallie Mandela dit reg dat sy ANC faksie nog steeds rugby oorheers, so land nadat die ou kêrel op die stoep gaan sit het?  Gaan die Mandela faksie oorheers, of watter ANC faksie se mense gaan volgende jaar hul bankrekeninge aan S A Rugby gekoppel hê?
POLITIEK Verstaan iemand die proporsionele kiesstelsel?   As kiesers 'n persentasie aan 'n party toegeken het, moet daardie persentasies nie gehandhaaf word totdat die kiesers weer oor die samestelling van die regering moet besluit nie?  Moet politici nie bedank as hulle nie meer hul party wil verteenwoordig nie? Moet daardie vakatures nie dan uit die geledere van dieselfde party aangevul word nie?  Maak dit saak wie in watter party sit?  Wissel almal in die politiek en media  nie maar  van entoesiastiese kamerade tot gewillige meelopers nie?  Is daar nog 'n kritieke massa mense in Suid-Afrika wat intelligent, onafhanklik en krities oor sake van die dag kan dink en toepaslik reageer?
DIEET Kry die ministers in die Mbeki kabinet genoeg om te eet?  Rook hulle nie te min nie?

Duwweltjie

Argief01
STUUR JOU VRAAG IN VIR PUBLIKASIE
JOU E-POS
JOU VRAAG
JOU NAAM



acme-web-design.info
acme-web-design.info